Hoofstuk 26
God in Vlees: (God
in die Mens)
Ons het in Hoofstuk 6 gesien Wie en Wat God is maar waar woon hierdie God?
Kom ons kyk weer na die volgende:
God is Gees - Joh 4:24, maar waar is hierdie Gees van God?
Sien 1Kor 3:16 "Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees
van God in julle woon nie? Vers 17 As iemand die tempel van God skend, sal God
hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle." en 1Kor
6:19 " Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige
Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself
behoort nie? Vers 20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle
liggaam en in julle gees wat aan God behoort." Hieruit
Sodra ek toelaat dat die Gees van God in my woon dan het ek 'n geestelike mens geword, Rom 8:9 "julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie."
Hoe het hierdie Gees dan nou tot my gekom?
Dit het deur middel van woorde tot my gekom, die woord van die evangelie, wat ek aanvaar het soos in Hand 10:44 "En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het."
God is Lig - Ons weet dat lig verstaanbaarheid is en dit vind ons ook by die mens wat hierdie Godheid insien en verstaan Joh 11:10 " Maar as iemand in die nag wandel, stamp hy hom, omdat die lig nie in hom is nie."
As hierdie lig, verstaanbaarheid, wat God is, nie in ons is nie, dan is ons
in die duisternis (onverstaanbaarheid) en
God is 'n Woord - Joh 1:1-5 hierdie woord kom tot my deur 'n mens wat dit spreek wat dan hierdie evangelie tot my bring, m.a.w. hierdie woord wat God is, woon in die mens. Lees Rom 10:6-8 " vers Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring; vers 7 of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring? Vers 8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:"
Dit is dan ook belangrik dat ons die volgende sal verstaan waarom God dit vir ons sê en waarsku in die tien gebooie. Ex 20:3-4 "3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie." Ja, dat ons God nie op 'n ander plek, 'n natuurlike hemel, gaan soek nie. Hy het 'n woning in die mens gemaak. 1Joh 2:14 " Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het" daarom moet ons God in ons mede mens dien.
Dit is belangrik om dit te weet want hy wat nie glo dat God in vlees, God in
die mens, is nie, is die antichris, 1Joh 4:3 "vers 3 en elke gees wat nie
bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit
is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou
al in die wêreld. Vers 4 ¶ Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin,
omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is." Daarom is
almal wat God in die mens nie erken nie, nie uit God nie maar is die antichris
en hy wat dit erken, is uit God gebore.
Kom ons bestudeer ook die volgende:
1. Ons het ook God so woning en woonplek bespreek maar ek wil nog 'n paar
voorbeelde noem:
1.1 God woon in die hemel: Verwys na Jes. 66:1-2, Efes. 1:3
"Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons
geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus."
Hier wil ek net ter verduideliking sê dat die skrifte gee vir ons dat ons lede
aan/in die liggaam van Christus is, lede afsonderlik m.a.w. ons is deel van die
liggaam van Christus, LET WEL ek praat nie van Jesus nie maar van Christus. Die
gawe Christus wat ook beteken die gesalfde. Baie is geneig om te wil vra, maar
hoe kan ons 'n lid wees aan die liggaam van Jesus, maar ons praat van die gawe
Christus, die gemeente soos in die afrikaanse bybel verwys word en die kerk
soos die engelse weergawe van die skrifte sê. Ons
1.2 God woon in Sy tempel: verwys na 1Kor 3:16-17 "Weet
julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God
is heilig, en dit is julle."
Nou vra ek myself die vraag, God is Gees en Sy woonplek? Omdat God Gees is,
daarom moet Sy woning ook 'n geestelike plek wees. Ons het ook al gesien dat
die skrifte sê dat die koninkryk van God binne-in ons is, daarom kan dit nie
met sigbare tekens aan die mens verskyn nie.
Ons lees ook in lKor. 6:19 "Verheerlik God dan in julle liggaam
en in julle gees wat aan God behoort. 2Kor. 6:16, Efes. 2:21, Open. 3:12 en
14:15 verwys ook daarna "En 'n ander engel het uit die tempel gekom en met
'n groot stem geroep na Horn wat op die wolk sit;'
God is Gees, Sy woning is 'n geestelike plek, nou word daar in hierdie teks verwys na die wolk waarop Hy sit, die afIeiding kan niks anders wees as dit; dat die wolk nie 'n natuurlike wolk kan wees soos wat sommiges dink wat voorspel is waarmee die koninkryk sy verskyning moet maak nie, hierdie moet en is 'n geestelike wolk, die wolk van getuienis waarna Heb. 12:1 verwys. In 'n ander gedeelte van die skrif word gepraat van die wolk van getuienis wat rondom ons is. Dus die wolk is ook 'n geestelike ding.
1.3 God woon in Sy gebou: lKor, 3:9 "Want ons is mede
werkers van God; die altaar van God, die gebou van God is julle."
2Kor. 5:1 sê dat hierdie gebou in die hemel is en dat dit nie
met hande gemaak is nie. Lees ook in Efes. 2:20 en 22.
1.4 God woon in Sy huis: Verwys na 1Tim 3 15 "Maar as ek
vertoef, dan
Heb. 3:6 en 1Pet. 2:5 sê vir ons baie duidelik dat die huis van God 'n
geestelike huis is.
1.5 God woon in Sy woning: verwys na lJoh. 14:2 "In die
huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir
julle gesê het."
Efes, 2:22 verwys na twee dinge, onderandere dat Christus die hoof is van die
gemeente en dat die gemeente Sy liggaam is. Lees ook Efes. 3:17 en Open. 21:3
wat vir ons sê dat die tabernakel van God by die mense is en Hy sal by hulle
woon.
2. God woon nie in 'n tempel wat met hande gemaak is nie; hiervan het ons reeds in par. 6.3 gemeld. Ek wil egter nog na 'n paar ander tekse verwys - Mark. 14:58, Hand. 7:48, 17:24 en 2Kor. 6:16.
3. God is geopenbaar in vlees: Ons het in Jon 1:1 gelees
dat God is die Woord en alles het ontstaan deur die Woord. Nou kan ons in vers
14 lees dat die Woord wat God is, het vlees aangeneem het, dit het vlees
geword. M.a.w. nou dat ons kinders van God geword het, het God 'n woning in ons
gemaak en ons moet nou Sy heerlikheid, Sy liefde openbaar aan die wêreld wat
nog daar is, waar ons ook was. Ons moet nou ook aan hulle gaan wys hoe hierdie
God lyk want ons moet 'n lig wees vir die wêreld, dieselfde lig wat Christus
is, dieselfde lig wat God self is, omdat ons dan na God en Christus se beeld
geskape is deur middel van die wedergeboorte, moet ons vir die wat nog in die
duisternis is daardie lig wees.
As ons in Joh. 1:1-14 lees, dan sal ons sien dat Christus die lig is, daarom
moet ons ook 'n lig vir die wêreld wees - Matt 5:14 - sê dat ons die lig van
die wêreld is, want ons is elkeen 'n lid aan die liggaam van Christus,
Christus die kerk. Ons
4. Die opregtes sal Sy aangesig sien: verwys na Ps. 11:7
"Want die Here is regverdig: Hy het geregtigheid lief die opregtes sal Sy
aangesig sien" - Interesant genoeg is dat ons lees in die skrifte dat die
wat die aangesig van God sien, die sal sekerlik sterwe, maar dit is presies wat
moet gebeur, want ons moet dan na Hom, vanuit die sonde wat ook die dood is, keer.
Matt. 5:8 sê verder "Salig is die wat rein van hart is want
hulle sal God sien."
Lees ook lKor. 13:12, Heb. 12:14, 1Joh. 3:2 en Open. 22:4.
Hieruit